Sunday, April 29, 2012

Aretha En Lood

Seker die beste beskrywings van Aretha het gekom van een van die gaste wat by ons gesit het op die onthaal: "Sy is so 'n gelukkige mens, want sy is so 'n dankbare mens." Vanuit die staanspoor was dit lekker om saam met Aretha aan haar Droomdag te help beplan.



Na 'n baie lang "kys" was dit ook uiteindelik die paartjie se groot dag, en het hulle by "The Willows" buitekant Bloemfontein die groot stap geneem. Ds Rikus Hattingh het die seremonie waargeneem en vir die egpaar verduidelik hoe belangrik dit is om jou huwelik op die regte fondasie te bou.



Ek deel graag not so 'n paar van die foto's:























Friday, March 30, 2012

Annemarie en Jacques - 21 Maart 2012

Toe ek Jacques en Annemarie ontmoet het was hulle besig om huis te bou. By hulle troue het hulle onderneem om hulle lewens saam te bou. Dit was 'n pragtige troue met Ds Petrie Spies wat vir beide die bruid en die bruidegom kort boodskappies gehad het wat hulle moet probeer toepas deur hulle lewensreis. Ek deel graag 'n paar van die foto's:








Monday, March 26, 2012

Dave en Lizet - Herfstroue in die Vrystaat

"Ek het al vergeet hoe lekker sy kan lag," was een van die gaste se opmerkings toe Lizet spontaan in die middel van die dansbaan lag. En ja, was sy nie 'n stralende bruid nie. Dominees Wollie het tydens die preek verwys na die "strome van lewende water" wat elke egpaar aan mekaar verskuldig is. Dit was 'n pragtige boodskap oor die oorvloed uit God se hand, en tussendeur was daar die prettige oomblik toe die ring verdwyn het, en almal vir 'n oomblik moes soek.
Ek deel graag so 'n paar van die foto's (klik gerus op die foto om dit meer helder te sien):








Monday, December 19, 2011

Schalk en Carina - Desembertroue in Bloemfontein

Carina en Schalk is op 'n heerlike Somersoggend in Bloemfontein getroud. Carina het by Petal Place voorberei en tussen die pragtige wit rose was dit die bruid in haar wit trourok wat absoluut gestraal het.

Tussen Carina se ma en 'n hele reeks sussies wat van oor die hele wereld kom kuier het vir die groot dag, het daar sommer 'n heerlike atmosfeer van gesellige saamkuier geheers. Daar was nooit eers sprake van senuwees by die bruid nie. (In elk geval nie sigbare senuwees nie :-))

Ek wil hier ook die bruidsmeisies bedank vir die uitstekende hulp met die ronddra van fotografie toerusting en alle moontlike hulpmiddels waarmee ons die lig kon manipuleer! Julle was wonderlik!


Na die bruid se voorbereiding is ons na die Duits-Lutherse kerk waar die twee in die eg verbind is deur Schalk se pa. Die bruid se instap in die kerk saam met haar pa was pragtig, met Schalk wat in die voorste bankie gewag het dat Carina se pa die sluier van sy bruid lig. Net voordat Carina ingestap het, het 'n sagte Bloemfonteinse briesie die sluier heerlik rondgewaai en nie die taak daarvan om dit op te sit enigsins maklik gemaak nie...

Die kerkdiens was informeel met die predikant-pa wat gereeld verwys het na die twee pragtige mense wat mekaar in hierdie verhouding gevind het.


Na afloop van die diens het die gaste vertrek na Vanilla Sky, waar 'n heerlike tee in 'n pragtig omskepte lokaal voorgesit is! Teen hierdie tyd was dit al lekker warm, maar danksy die lugreeling in die lokaal was dit 'n heerlike dag vol seenwense en lekker kuier tussen ou familielede wat mekaar lanklaas gesien het, nuwe families wat mekaar leer ken het, en vriende wat heerlik saamgekuier het. Ek deel nog enkele foto's van die dag:








Sunday, June 26, 2011

Joanette en Pieter - Pragtige troue in die koue

Vanaf die grimering tot die gooi van die kousband was Joanette en Pieter se troue 'n heerlike ervaring. Met 'n yskoue Bloemfontein gister was dit die bruidspaar se lekker warm persoonlikhede wat die neem van die foto's 'n heerlike voorreg gemaak het. Ek deel gou 'n paar van die foto's...









Baie dankie, Pieter en Joanette! Sowel as al die Tss Tss bruidsmeisies! Dit was voorwaar 'n dag om te onthou!

Sunday, May 29, 2011

Charne speel model

Charne het ons onlangs gehelp modelspeel toe ek 'n nuwe kamera getoets het. Hier is sommer so 'n paar van die foto's. Net vir jou Charne! Kan jy glo - dis so gou klaar :-)