Sunday, October 31, 2010

Die Loubser troue

Gisteroggend het ek en Arne die Loubser troue afgeneem. Laurette was by een van die gastehuise in Bloemfontein wat baie moeite doen om hulle voorportaal en kamers in te rig sodat dit lekker fotogeleenthede bied.

Ek dink daar is al baie bruidsfoto's by hierdie skildery geneem, ek het gehou daarvan dat Laurette se hand so effe uitreik na die meisie op die skildery se hand. Net so 'n ietsie anders.

Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer besef ek dat daar baie "musiek" was rondom die troue - sy het in die Mozart kamer aangetrek, daar was pragtige musiek tydens die seremonie, en ja, terwyl ons met die foto's besig was, was Henro (die bruidegom) ook nog besig om te werk aan die musiek waarop hulle sou instap in die tuin waar die onthaal was. (Die wonder van MP3's en selfone)

Laurette en haar ma in die gastehuis.

En soos ek genoem het - nog musiek!

Pas getroud!


Ek hou van die spieel wat in die gastehuis was en waarin die bruid wat grimeer word weerkaats.



Laurette en haar pa.

Sunday, September 19, 2010

Charne se matriekafskeidfoto's

Charne is 'n besonderse talentvolle matrikulant, met 'n liefde vir musiek, en sommer 'n lekker gemaklike stylvolheid wat die neem van haar foto's 'n lekker ervaring gemaak het.... Ons het die foto's by 'n katedraal geneem, so mens moes die heeltyd sorg dat dit nie soos troufoto's lyk nie, maar ook nie die stylvolheid van die omgewing verloor nie.

Omdat sy sommer lekker begaafd is met die musiek, was die klavier die aangewese plek vir 'n paar foto's. Ook die kerse en skilderye het 'n heerlike atmosfeer geskep.

Ons het so bietjie met die flits af van die kamera af  gespeel, en Charne se pa, Wynand, was die harde werker op die beligting. Die jong man wat saam met haar gegaan het, is self 'n talentvolle musikant!

Voor die tyd het ons 'n paar foto's in die tuin buite geneem...Dit was redelik donker en die beligting nie maklik nie, tog glo ek was dit iets anders...
Nou ja, dis net so kort opsomming van nog 'n lekker sessie...

Wednesday, April 7, 2010

Marietjie en Heinrich - Troue

Marietjie en Heinrich het ontmoet toe Heinrich op 'n buurplaas sy Oupa met die boerdery kom help het. Die hele vakansie het Heinrich gewerk sonder dat Marietjie geweet het dat die man van haar drome letterlik reg langs haar was...en toe, op die aand voor sy vertrek, het hulle mekaar gesien, en die pad na hulle droomtroue het begin.


Dit was 'n heerlike voorreg om deel te wees van die aanloop tot hulle troue, sowel as die pragtige seremonie, en die heerlike atmosfeer. Ons fotosessie op die troudag het begin waar Marietjie besig was om gereed te maak vir die seremonie. Die klomp dogtertjies het getuig van Marietjie se vriendelike geaardheid en liefde vir kindertjies. Die kindertjies het oral 'n rol gespeel. Een van my gunstelingfoto's was kort na die diens:



Vanaf ons aankoms by die troue was dit duidelik dat hierdie 'n blye dag was. Kort voor die seremonie het ons 'n paar bruidsfoto's geneem. Die vonkel in die oog en die glimlag op die gesig het mens regtig laat besef dat die woorde stralende bruid nie net woorde is nie. Soms vertel prentjies die storie tog beter as woorde:



Die weer het heerlik saamgespeel:



Die groot verassing was dat Marietjie voordat sy die kerk ingestap het eers vir Heinrich fluit gespeel het vanaf die gallery.


En toe, as voorloper tot die bruid se instap, gooi die pragtige blommemeisies roosblare op die tapyt. En hierdie enetjie maak selfs tyd om met een van die gaste te gesels...



Die bruid en die bruidegom kom bymekaar:



Pas getroud:




Oppad na die onthaal op die plaas kry ons kans om in die veld foto's te neem:



Marietjie was reeds voor die troue vasberade om 'n regte plaasfoto met beeste in die agtergrond te laat neem. Die beeste het nuuskierig kom kyk wat aangaan:



Hoewel die weer ons vriendelik gesind was, moes ons darem 'n foto onder die sambreel neem:



En net 'n paar laaste foto's wat die dag saamvat:










Ons wens julle Gods rykste seen op julle huwelik!

Thursday, March 25, 2010

Charles en Charne troue

So 'n paar dae voor die troue het ons gaan kyk hoe die plekke vir moontlike foto's lyk. Min wetend dat daardie ondersoek ons sou red toe ons teen tyd in 'n deurdringende reenbui die foto's moes neem. Voor die troue het ons die bruidsfoto's gaan neem:




Stadig het 'n paar wolke op die horison begin verskyn. Net genoeg om mens te laat wonder of jy nie dalkies 'n sambreel moet inpak nie. Tussen die bome was enkele druppels net genoeg om die besluit te regverdig.



Reeds gedurende die diens was dit duidelik dat daar 'n avontuurlike fotosessie oppad was... Die reen het werklik neergegiet...



Dankie tog dat ons vooraf gaan kyk het na waar daar foto-moontlikhede was. Dit het ons plekke gegee om heen te ry, waar ons ten spyte van die reen kon foto's neem: