Wednesday, April 7, 2010

Marietjie en Heinrich - Troue

Marietjie en Heinrich het ontmoet toe Heinrich op 'n buurplaas sy Oupa met die boerdery kom help het. Die hele vakansie het Heinrich gewerk sonder dat Marietjie geweet het dat die man van haar drome letterlik reg langs haar was...en toe, op die aand voor sy vertrek, het hulle mekaar gesien, en die pad na hulle droomtroue het begin.


Dit was 'n heerlike voorreg om deel te wees van die aanloop tot hulle troue, sowel as die pragtige seremonie, en die heerlike atmosfeer. Ons fotosessie op die troudag het begin waar Marietjie besig was om gereed te maak vir die seremonie. Die klomp dogtertjies het getuig van Marietjie se vriendelike geaardheid en liefde vir kindertjies. Die kindertjies het oral 'n rol gespeel. Een van my gunstelingfoto's was kort na die diens:



Vanaf ons aankoms by die troue was dit duidelik dat hierdie 'n blye dag was. Kort voor die seremonie het ons 'n paar bruidsfoto's geneem. Die vonkel in die oog en die glimlag op die gesig het mens regtig laat besef dat die woorde stralende bruid nie net woorde is nie. Soms vertel prentjies die storie tog beter as woorde:



Die weer het heerlik saamgespeel:



Die groot verassing was dat Marietjie voordat sy die kerk ingestap het eers vir Heinrich fluit gespeel het vanaf die gallery.


En toe, as voorloper tot die bruid se instap, gooi die pragtige blommemeisies roosblare op die tapyt. En hierdie enetjie maak selfs tyd om met een van die gaste te gesels...



Die bruid en die bruidegom kom bymekaar:



Pas getroud:




Oppad na die onthaal op die plaas kry ons kans om in die veld foto's te neem:



Marietjie was reeds voor die troue vasberade om 'n regte plaasfoto met beeste in die agtergrond te laat neem. Die beeste het nuuskierig kom kyk wat aangaan:



Hoewel die weer ons vriendelik gesind was, moes ons darem 'n foto onder die sambreel neem:



En net 'n paar laaste foto's wat die dag saamvat:










Ons wens julle Gods rykste seen op julle huwelik!