Charne het ons onlangs gehelp modelspeel toe ek 'n nuwe kamera getoets het. Hier is sommer so 'n paar van die foto's. Net vir jou Charne! Kan jy glo - dis so gou klaar :-)
Foto's van gesinne, troues en kinders deur fotograaf (en troufotograaf) Igno van Niekerk, gebaseer in Bloemfontein. Sien meer van Igno se foto's by http://www.pixelpostcards.com Photos of families, weddings and kids by Bloemfontein based Wedding Photographer, landscape photographer and portrait photographer Igno van Niekerk
Sunday, May 29, 2011
Sunday, May 1, 2011
Gerrie en Madelein Troue - Brandfort
Ek het gister die voorreg gehad om Gerrie en Madelein se troue by Amanzi naby Brandfort af te neem. Dit was 'n heerlike dag, en die bruid het stralend gelyk met 'n rok wat haar ma, Marietjie, gemaak het:
Marietjie het haar voorbereiding by die Ou Pastorie gastehuis op Brandfort gedoen.
Daarna het ons almal die lekker grondpad wat vol uitdagings is na die wonderlike reenseisoen aangedurf na Amanzi, waar Ds Charles Mitchell die paartjie in die eg verbind het met 'n pragtige preek oor plig vs vrug.
Kort nadat die diens afgehandel is, het ons met 'n wilbesigtingsvoertuig na die dam naby die onthaalsaal gery vir foto's:
Met 'n vinnig sakkende son was daar pragtige wolke in die lug, met wonderlike beloftes vir 'n pragtige huwelik:
Die onthaalsaal was pragtig, en die aand 'n wonderlike ervaring waar aandag aan elke klein detail van die onthaal gegee is, en elke gas soos 'n eregas kon voel!
Marietjie het haar voorbereiding by die Ou Pastorie gastehuis op Brandfort gedoen.
Daarna het ons almal die lekker grondpad wat vol uitdagings is na die wonderlike reenseisoen aangedurf na Amanzi, waar Ds Charles Mitchell die paartjie in die eg verbind het met 'n pragtige preek oor plig vs vrug.
Kort nadat die diens afgehandel is, het ons met 'n wilbesigtingsvoertuig na die dam naby die onthaalsaal gery vir foto's:
Die onthaalsaal was pragtig, en die aand 'n wonderlike ervaring waar aandag aan elke klein detail van die onthaal gegee is, en elke gas soos 'n eregas kon voel!
Subscribe to:
Posts (Atom)