Sunday, September 19, 2010

Charne se matriekafskeidfoto's

Charne is 'n besonderse talentvolle matrikulant, met 'n liefde vir musiek, en sommer 'n lekker gemaklike stylvolheid wat die neem van haar foto's 'n lekker ervaring gemaak het.... Ons het die foto's by 'n katedraal geneem, so mens moes die heeltyd sorg dat dit nie soos troufoto's lyk nie, maar ook nie die stylvolheid van die omgewing verloor nie.

Omdat sy sommer lekker begaafd is met die musiek, was die klavier die aangewese plek vir 'n paar foto's. Ook die kerse en skilderye het 'n heerlike atmosfeer geskep.

Ons het so bietjie met die flits af van die kamera af  gespeel, en Charne se pa, Wynand, was die harde werker op die beligting. Die jong man wat saam met haar gegaan het, is self 'n talentvolle musikant!

Voor die tyd het ons 'n paar foto's in die tuin buite geneem...Dit was redelik donker en die beligting nie maklik nie, tog glo ek was dit iets anders...
Nou ja, dis net so kort opsomming van nog 'n lekker sessie...